WINDE
Winde speel
‘n rol in mens se alledaagse lewe.
Afhangende van jou ouderdom, het dit verskillende betekenisse.
Vir ‘n jong
Mamma met ‘n klein babatjie, beteken “wind” die allerbelangrike bydrae tot ‘n rustige
òf ontstuimige nagrus.
Die winde wat die baba pla,
laat arme bloedjie aanhou kla,-
en moedertjie tot raserny dryf,
Dus moet sy maar die ruggie
vryf!
Met liefie-woordjies
en aanhou sus,
word die winde verlos,
en kalmte rus
weereens oor almal en
vrede heers;
Salige, soete nagrus – goed vir die gees!
Later het
ek meer bewus geword dat wind ‘n belangrike deel vorm van ‘n plaasboer se
bestaan. Hy is afhanklik van wind wat
uit die regte rigting waai – hy kan soggens op sy stoep staan en oor die
wuiwende lande staar en hy kan sien of dit ‘n “goeie” dag of droë dag sal wees.
Winde van
verandering het in my lewe plaasgevind. Toe ek ‘n kind was, was wind net ‘n
ding wat maar altyd daar was- wat fietsry bemoeilik het en wat hare deurmekaar
gewaai het! Maar die bewuswording van
dié element het sy verskyning gemaak toe ons uit die Wes-Transvaal Kaap toe
verhuis het. Die soektog na ‘n geskikte
huis het begin, en daar was talle goedbedoelde wenke oor watter rigting die
huis moet front. “Nee man, hierdie huis
staan verkeerd! Die vensters front dan
almal suid-oos. Julle moet dink aan die SEDOOSTER!” Ek het myself afgevra waarom hierdie dan so
belangrik moet wees! Die W-woord kom male
sonder tal in mense se woordeskat voor. “Hierdie
een se voordeur front noord – maar pasop vir die NOORDWESTER!” Ek was
voorheen nooit bewus daarvan dat wind so ‘n deel van mens se lewe sou word nie!
Wanneer die
SEDOOSTER waai, durf jy nie op straat verskyn met ‘n mooi wye romp aan – nee,
‘n langbroek vir man en vrou is ‘n noodsaaklikheid. Wanneer die wind in sy volle felheid waai, klou jy aan
die naaste persoon wanneer jy gebukkend
voor-oor die besige straat moet oorsteek.
Kom winter, swaai die wind – dan kom die NOORDWESTER. Enige gesoute
Kapenaar kan vertel wat dìt beteken. Ja,
Die winterreën is hier! Doer in die
rigting noordwes, pak die wolke saam, dan wéét ons : hier kom ‘n ding! Die fyn geelperskereën wat vir dae kan
aanhou, is my gunsteling-soort. Dit
bring oor my gemoed kalmte en rustigheid
– en die beste van alles is, mens kan lekker snoesig, toegewoel in wintergewaad
en met koue hande gevou om ‘n stomende beker koffie, gesels oor … die NOORDWESTER wat die welkome reën bring!
Linnie
28 April 2O15
2 comments:
Gelukkig is my baba's nou groot en hoef ek nie meer daardie winde uit te vryf nie! :)
That's for sure. I agree wholeheartedly with what you're saying here.
The role of the wind plays such an integral part of our lifetimes, and on so many levels on our brief sojourn on this earth.
My thoughts go to those great sailing ships of old. The Navy, the pirate, the fishermen...... they were able to change the direction of the wind, but they could adjust their sails to always reach their destinations. hmm something to learn here, I guess. If a man does not know what port he's steering for, no wind is favorable to him...
Even the word, "Holy Spirit" is derived from the Hebrew words "Ruach Elohim" basically, referring to ... breath of God. Breath - wind, spirit.....
I must confess. I simply love the writings and the work of Rumi.
He says "the morning wind spreads its fresh smell. We must get up and take it in, the wind that lets us live. Breathe before it's gone"
I'm just going to go to my computer and find some words to cut and paste here. It's from a song written by Koos du Plessis - Kinders van die wind.
Ek ken ‘n ou, ou liedjie
Van lewenswel en wee
Van lank-vergane skepe in
Die kelders van die see
Die woorde is vergete
En tog, die deuntjie draal
Soos vaag-bekende grepies in
‘n Baie ou verhaal
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind
Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is
Sou net ‘n kind kon raai
Swerwers sonder rigting
Soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind
actually, if anyone is wondering why I am yakking so much, it's due to the fact that I am dictating into a voice recognition program entitled Dragon NaturallySpeaking
haha
Post a Comment