Total Pageviews

Saturday 11 April 2015



PERDRY


Great excitement in our family : our Granddaughter, Leo-né, our own horserider in the family, took  part in a jumping competition this morning! 

Dis Saterdag-oggend : die dag van die perdspring-kompetisie waaraan
Leo-né deelgeneem het.
  
Leo-né en Dancer : 1ste Plek
Daar was terselfdertyd ‘n lugskou net langs die veld waar die perdrykompetisie plaasgevind het, maar al die perde het hulle soos wafferse helde gedra.  Geeneen van hulle het geskrik vir die vliegtuie wat soos die oorlogjare se Spitfyers of bomwerpers geklink het nie en het gespring soos professionele perde.  Mens kon sien hoe ruiters en perde saamwerk en hoe die kinders (party groter en ander weer taamlik klein) met hul bene, voete, hande en lywe werk om met hul perde te kommunikeer.

Ek het altyd gedink mens klim maar net op die perd en ry tot by die pale en dié sal vanself oorspring.  Maar, die kenners weet van beter, en ek het ook geleer om die tegniese detail waar te neem en te waardeer.  Dan moet die ruiters ook nog kophou om die regte volgorde van die spronge te maak en dan ook om reg te sit, hande  en elmboë reg te hou, en lyf mooi regop te hou!  Dìt wil gedoen word!

Leo-né en Dancer : 1ste en 3de Plekke

Many gruelling days of practice, preparation, perspiration, repetition, and plenty of dedication were well rewarded.  Leo-né and Dancer, her best horsey friend, won first place as well as third place for their respective competitions!  We are so proud of the two of them : They performed perfectly in unison and it was a great pleasure to watch!



BAIE GELUK LEO-Né!  ONS IS ALMAL BAIE TROTS OP JOU!!

No comments: