Total Pageviews

Wednesday 8 April 2015

Something new in my life! I have decided to express some daily ideas in Afrikaans!

DIE ALTA

Die dag toe ek vir my onderhoud gegaan net – ék die gebore Ingelsman – moes ek die gebruiklike vrae wat deur die Beheerliggam en Skoolhoof gestel is, tot die beste van my vermoë beantwoord.  Wat is jou beste eienskap?  Mmm  Moet ek àl my bates voorlê, of net dié wat ek dink hulle graag wil hoor?  Wat is jou slegste eienskap? – Nou dìs nogal ‘n onregverdige vragie!  Moet ek noem dat ek tot middernag-en-later graag lê en lees, of moet ek vertel dat my naaldwerkkas taamlik onordelik gerangskik is.  Wat sal nie my kanse om die pos te kry,  in die wiele ry nie?  Toe kom die Ingelse vraag.  Gestel deur n stoere boer wat slegs Afrikaans magtig is.  Dit het hom seker baie bloedsweet gekos om die vraag te stel, en ek moes my been knyp om nie die glimlag wat gedreig het om my mondhoeke te laat bewe, die oorhand te laat kry nie!  Ewenwel, die pos was uiteindelik myne – ten spyte van my beste EN my slegste eienskappe.  Ek het seker die regte goed gesê!

Die eerste dag in die personeelkamer het aangebreek.  Mooi woorde van verwelkoming en ‘n see van vreemde gesigte het my oorweldig.  Die tweede dag het ek soos ‘n verlore skapie daar ingestap en sommer gaan sit waar ek die vorige dag  gesit het.  Ewe skaam vra ek die dame langsaan of daar spesifieke plekke is waar mens mag sit.  Nee, was die antwoord, mens sit sommer net waar jy wil.  Moenie glo nie.  Na ‘n hele week van ongemaklike oomblikke soggens, het ek maar besluit op ‘n sekere plekkie by die venster.  O wee, net die verkeerde besluit.  Antie het ingemarsjeer gekom en op ‘n nie-so-vriendelike manier met stywe lippies my meegedeel dat ek kwansuis op haar plek sit!!  Die sakie van die sitplekke is  darem uiteindelik opgelos. 

Die parkeerplekke is natuurlik ‘n ander storie wat op soortgelyke wyse afgespeel het.

Daaglikse roetine het stadigaan begin en ek was meer op my gemak.  Die eers vreemde gesigte het later minder vreemd voorgekom, maar die name was maar nog steeds ‘n duisternis in my kop.  Baie private byname, wat nie met ander gedeel is nie,  is deur my aan sekeres toegeken :  Klein Mannetjie, Oumatjie, Kleintjie, Feëtjie, Skynheilig, Tierkat, Uncle en Suutjiespoep – om net ‘n paar te noem!  Daai name het tot die einde van my loopbaan in my kop gebly!

Ou Stella se lekker Wimpiekofie, wat nét sy kon maak, was elke oggend se hoogtepunt.  Later het die Hoof ook daarvan uitgevind, en af en toe moes Stella maar inspring en drie in plaas van twee koppies maak!!  Later het ons meer gesondheidsbewus geraak, en die Wimpiekoffie het agterweë gebly om plek te maak vir ons eie swart Jacobskoffie, met kunsmatige versoeters!



Wanneer daar per geleentheid eetgoed in die personeelkamer was, was dit altyd dieselfde aasvoëls wat eerste daar was om hul borde vol te prop.  Ek en Stella het altyd spesifieke mense dopgehou en lekker gelag oor die oorlopensvol borde wat gepak is – siestog, hulle het seker maar verdien om dit te doen.  Dalk kry hulle nooit tuis iets lekkers om te eet nie.  Wie weet!
4 April 2015

Grové eerste skooldag 2012

Leo-né eerste skooldag 2012

6 comments:

Unknown said...

Lyk my elke dag was 'n fees

Unknown said...

Lyk my elke dag was 'n fees

Unknown said...

Ons sonskyn meisiemensie

Unknown said...

En lag-uit-sy-maag boeta

Cecile said...

Goed geskryf

Douglas said...

Great going Lynette