PLESIER
Ja, Fanie
kan enigeen baie vertel van die mielie!
Hy het sy
hele loopbaan gewy aan die boere en hul gesaaides - hy kan jou alles vertel van
die grondvoorbereiding, planttyd, voedingsprogramme en natuurlik die
eindproduk.
Hy het saam
met die boere die lande ondersoek en saam met hulle vir reën op die regte tyd
gebid. Mens kan mos nie ànders nie – dis
mos hulle inkomste en hul grootste liefde!
Sy grootste beloning en genot is en was egter, om die heerlike mielies
uit te soek, blare af te stroop en dan volgens sy presies-berekende tyd te kook! Almal in ons familie weet dat dit seker een
van sy gunstelingkossoorte is, en nét hy kan so heerlik toe-oog met plesier daaraan smul!
Mielie video
Een ding
wat my baie plesier verskaf, is om langs die strand te stap en al die wonders
van die natuur
waar te neem. Die
branders wat nimmereindigend na die
strand toe rommel, bring ‘n rustigheid
in my gemoed. Dit maak nie saak wat mens
probeer om dit te keer nie, die branders sal aanhou en aanhou kom! Met die stap op die seesand, is daar ‘n
menigte klein wonderwerkies wat ek ondersoek en ek het altyd my kamera
byderhand om dit vas te lê. Stap vir
stap op die sagte sand en die klank van die bruisende branders is goeie terapie
vir enige rustelose siel. Wanneer ek aan
die strand dink, sien ek in my geestes-oog, hoe ons op ‘n piekniekkombers onder
‘n helderkleurige sonsambreel ons flessie koffie en houer met toebroodjies
nader trek!
Toe ons Kaapse kleinkinders nog baie klein was,
was hulle grootste bederf om see toe te gaan en te gaan piekniek hou. Ek moes alles, saam met hulle, gereed kry vir
ons piekniek : fles, broodjies, koekies,
lekkers, vrugte, kombers, sambreel – en natuurlik sonbrandsalfie. Die voorbereidings was sò deel van ons
plesier en die afwagting was deel van ons groot pret! Die emmertjies en grafies moes ook saamgaan.;
sandkastele moes gebou word, en gate moes gegrawe word, en hulle het darem ook uitbundig
die water aangedurf Dit was altyd groot
pret en vreeslik plesierig! Maar … die
oppak en huiswaarts keer was egter nie so plesierig nie, maar beloftes vir nog ‘n
strandpiekniek in die nabye toekoms, het darem getroos.
Linnie
4 Mei 2O15
5 comments:
So baie klein plesiertjies maak die lewe net nóg plesieriger !
Stuur bietjie vir ons ook, my mond water!
So many fields of expertise!
My friend Barri is on of these people as well. He speaks with passion of tobacco, flowers for export, organic this and overgrazed that...With a thorough knowledge of drainage, top soil, minerals and all sorts of complicated things that are necessary to assist in plant growth.
I have learned so much from him - yet I have not even scratched the surface yet.
About your other topic Lynette. the sea.
An absolute passion of mine. Perhaps I was a fisherman or a strandloper in some previous life...
Uys Krige
Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur
en kalm soos min dinge hier benee,
maar hy’s gevaarliker as vlam of vuur.
Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.
Dié vrede, kalmer as ‘n stil, soet kind,
lyk of dit dae, dae lank sal duur.
Maar word dié bries ‘n bulderende wind,
dan veg jy vir jou lewe, uur na uur.
En jy sê nog, Meneer, die vis is duur.
Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee,
waar kry ons hulp dan, waar’s ons naaste buur?
Die Dood staan voor die deur. Geen hy nog net één tree,
dan kelder hy ons almal in sy koue skuur.
En jy sê nog, Meneer, die vis is duur.
Wat van die storms wat nooit ophou raas?
Jy sit pal in jou kliphuis, klam en guur,
en hoor die wind al woester, wreder blaas.
En daar’s geen sprokkel hout meer vir jou vuur.
Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.
Was jy al van jou bootjie soos ‘n veer gevee
deur ‘n grys golf hoog soos ‘n tronk se muur
Wat help dit om te spartel en te skree: “Nee! Nee!”
sluk jy eers daardie waters sout en suur?
Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.
Ken jy die doodsangs as die rukwind klap?
Dié waansin ken geen redmiddel of kuur.
Hy vreet mos aan jou ingewande nes ‘n krap.
Hy’s koud soos ys, heet soos die hellevuur!
Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.
Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur,
ons wat net één ou misstappie moet gee
en hy kom tromp-op op ons afgestuur!
Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.
Sien jy die krom ou vroutjie daar, mevrou Mathee,
wat telkens ver, vér oor die golwe tuur?
Sy dink dié briesie bring haar seuns betyds vir tee.
Hul slaap aldrie agter die kerkhofmuur.
Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur…
Doug, I like the poem about the fish and the sea!
Post a Comment